Roskomnadzor

Embleem van Roskomnadzor

Roskomnadzor (Russies: Роскомнадзор) of die Federale Diens vir die toesig oor Kommunikasie, Inligtingstegnologie en Massamedia (Russies: Федеральная служба по надзору в сфере связи, информационных технологий и массовых коммуникаций) is 'n Russiese regeringsinstansie. Die organisasie se verantwoordelikheidsterreine sluit in elektroniese media, massakommunikasie, inligtingstegnologie en telekommunikasie, toesig oor wetsnakoming, die beskerming van die vertroulikheid van persoonlike data wat verwerk word, en die organisering van die gebruik van die radiofrekwensiediens.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search